Adam in Islam

ʾĀdam
آدم
Adam
Islamitiese profeet
Die naam ʾĀdam in Islamitiese kalligrafie, gevolg deur "vrede vir hom".
Die naam ʾĀdam in Islamitiese kalligrafie,
gevolg deur "vrede vir hom".
Bekend vir  Eerste mens
Familie
Gade  حواء Hawwā (Eva)
Kinders  Kain, Abel, Set

Adam (Arabies: آدم ʾĀdam) is volgens sommige die eerste mens, en daarom is hy in Islam die eerste profeet op aarde.[1] Moslems bejeën sy rol as die vader van die mensdom met gesag. Hulle verwys ook na sy vrou, Eva (Hawwa), as die "moeder van die mensdom".[2] Moslems beskou Adam as die eerste Moslem omdat die Koran dit stel dat al die profete dieselfde geloof van onderwerping aan God gepredik het.[3] En volgens die Koran het Allah die mens Moslems (onderwerpers aan God) genoem in geskrifte voor en in die Koran.[4]

Verder bid Abraham in die Koran en vra Allah om sy nageslag as Moslems groot te maak.[5]

  1. Lalljee, compiled by Yousuf N. (1981). Know your Islam (3rd uitg.). New York: Taknike Tarsile Quran. p. 71. ISBN 978-0-940368-02-6.
  2. Historical Dictionary of Prophets in Islam and Judaism, Wheeler, Adam and Eve
  3. Concise Encyclopedia of Islam, C. Glasse, Adam
  4. Koran, Soera 22:78: En stry vir die saak van Allah met gepaste ywer. Hy het julle gekies en julle in die godsdiens geen las opgelê nie – dit is die geloof van julle vader Abraham. Hy het julle voorheen Moesliems genoem, en so ook in hierdie Boek, sodat die Boodskapper ’n getuie vir julle mag wees en dat julle getuies vir die ganse mensdom mag wees.
  5. Koran, Soera 2:128: O Heer, maak ons albei aan U onderhorig, en van ons nageslag ’n volk wat U sal dien, en leer ons hoe ons U moet aanbid, en aanvaar ons smeking om vergifnis.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne